Jerky, is seker die naaste aan biltong, onder die Amerikaners. Ook nie soos ons biltong, vleis waarvan die vet verwyder is en in dun repies gesny en met sout en ander speserye bedek en dan gedroog is, kunsmatig of natuurlik. Natuurlik, as die lugvog, nie te hoog is nie, andersins in die oond by ‘n lae temperatuur. Afhangende van die speserye, is die eindproduk dan baie na aan, wat aan ons bekend is, as “chillie bites”.

jerky en varkboud 005
Omdat dit hier maar ´n stryd is om goeie kwaliteit biltong te maak, juis as gevolg van daardie hoë lugvog, loop die vrou van die huis, toe ´n rukkie terug, ´n resep raak van jerky en besluit ons om dit op die proef te stel, juis as gevolg van die kunsmatige droog proses. In die vrieskas, ´n halwe skaapboud, wat wag om gebruik te word. Ontdooi en sny in repies. Ongeveer 2 kg vleis en daarvoor het ons die volgende bestanddele gebruik: ¾ koppie Worcestershire sous, ¾ koppie soja sous, 2 teelepels fyn swart peper, 1 teelepel gerookte paprika, ¼ teelepel cayenne peper, 1 teelepel knoffelpoeier ( nie knoffelsout nie), 1 teelepel uiepoeier en 1 eetlepel heuning. Die een groot voordeel hiervan, is dat mens kan eksperimenteer en bestanddele gebruik en weglaat volgens jou smaak. Hierdie resep, het vir ons baie goed gewerk en was ons baie tevrede.
Marineer die vleis vir enigiets van 3 tot 12 uur in hierdie mengsel, in die yskas. Maak seker dat die vleis goed bedek is. Plaas dit op bakrakkies, maar droog dit eers op papiervadoeke vooraf. Droog in oond teen ongeveer 80°C. Die droogproses, hang nou af van hoe dik jou vleis gesny was.

jerky en varkboud 007
Op die oog af, nou nie ´n vreeslike aptytwekkende swart lekkerny nie, maar moenie dat die voorkoms van houtskool, jou afsit nie. Baie, baie na aan die ware Jakob. As ons nou in die toekoms, nie ons lus kan hou vir ‘n tradisionele smulgereg nie, sal ons ons toevlug neem na jerky of dit sommer “chillie bites” noem. Om sommer net nog ´n foto te plaas, is daar een van ´n lekker varkboudjie, wat ons onlangs geniet het. Nie heeltemal Banting nie, maar die aartappeltjies moes net bykom.

jerky en varkboud 003

Dit hoef nie gevries te word nie. ´n Goeie houer doen die ding. Dit sal in elk geval, weg wees, voor daar enigiets mee kan gebeur.
Hasta la proxima.

Advertisements