Die Papa het toe gekom én gegaan. Die euforie wat oor dié land, die afgelope paar dae geheers het, moes hierdie Maandag weer plek maak vir die werklikheid, soos seker maar na elke behaaglike, luilekker naweek. Alles het redelik georganiseerd afgeloop, behalwe in een geval, waar die entoesiasme van die groot gemeente, dit nie volgens plan laat verloop het nie.pous 10

pous 5
Soos met die vergaderings van politici, is daar nie heeltemal eenstemmigheid oor hoeveel mense die Pous se drie saamtrekke bygewoon het nie, die syfer verskil van een uit drie inwoners wat daar sou wees tot een uit elke sewe. Wat dalk nader aan die waarheid is. Dit maak nie verskil aan die feit, dat daar groot entoesiasme was, in hierdie oorwegend Katolieke land nie. Die plaaslike televisie kanale het deurlopend gewys wat gebeur.

pous 6pous 11Natuurlik, sal daar groeperings en individue wees, wat voel dat hulle meer prominensie moes kry en meer tyd om hulle saak aan hom te stel. Die wat wel die geleentheid gegun is, se opgewondenheid ken geen perke nie. Soos een ou tante gesê het: Nou kan ek maar sterf. Die grootste beswaar was dat die Papamobile te vinnig beweeg het en dat hulle hom nie goed kon sien nie. Dit was nou vir diegene wat langs die roetes saamgedrom, wat die gevolg verby beweeg het. Die agt dae lange toer deur Ecuador, Bolivië en Paraguay het duidelik sy tol geeis toe die agt en sewentig jarige geestelike so ´n wyle gedut het gedurende die bekankingstoespraak van die Aartsbiskop van Asunción.

pous 7pous 8

Die weer, het oor die algemeen, baie goed saam gespeel, maar dit het nie voorkom dat veral die groot buitemuurse byeenkoms, nie ontaard het in ´n samedromming in ´n groot pappery nie. Die altaar waar die laast Mis bedien is, het baie opspraak verwek. Vir die kunswerk, wat hulde gebring het aan Moederaarde, is 40 000 mieliekoppe gebruik, 200 000 klapper vrugte, 1000 murgpampoentjies en vele sade van sonneblomme en ander plante. Daar was ook afbeeldings van die Heilige Franciscus van Assissi, na wie die Pous vernoem is en die Heilige Ignatius de Loyola, die stigter van die Jesuite Orde, van wie die Pous ‘n lid is.

pous 12
Die besoek was baie goed vir die algemene geesdrif in die land, die weke lange uitsien, en organiseer, maar nou is dit weer terug na die daaglikse sweet, wat elkeen moet sweet om genoeg vir hom en sy familie te verdien.
Hasta la proxima

Fotos: Bradenton Herald

Advertisements