Beeste is daar baie, net oor die 200 miljoen. Die land met die 2e hoogste beesgetal in die wêreld. Dit is nou in Brazilië. Wonder of dié land nou nie dalk die meeste het nie, want ek twyfel of daar in Indië, wat veronderstel is om die grootste beesbevolking te hê, veel ontwikkeling is. Dalk is daar kundiges wat hier lees, wat sal weet. Google se syfers is effe aan die ou kant.

basso 8basso 4

Daardie beeste moet hanteer en behandel word. Ons het die beeld van die cowboy in ons koppe. Vangtou, cowboysaal en stewels en die belangrikste van alles die perd. Die vernuf van die ruiter, om daardie items te gebruik, is iets om te aanskou. Soos in die meeste sporte, ja, hier is dit ´n sport, moet die behendigheid, so jonk as moontlik aangeleer word. Eintlik meer as ´n sport, ´n tradisie en deel van die kultuur. Oorgedra van geslag tot geslag.

basso 12basso 11Die naweek van die 11e en die 12e April, het die lassokampioenskappe van die staat Matto Grosso du Sul op die dorp Sete Quedas plaasgevind. Net meer as 400 ruiters het daar saamgetrek. ´n Belewenis om te aanskou. Ons eerste. Mooi, goedeversorgde perde. ´n Ware familiesaamtrek. Kindertjies wat pa se perd vir ´n stappie neem, die grondslag vir die volgende geslag van deelnemers. ´n Gees van kameraadskap wat heers tussen die deelnemers. Klubs wat teen mekaar deelneem en individuele kompetisies. Die opgewonde kommentator wat baie ver gehoor word.

basso 3

basso 9

basso 18basso 16

basso 13

basso 17basso 14

Die behuising van die deelnemers, toon dat dit hulle erns is om hulle én hulle perde, die naweek te laat geniet. Van die luukste “horse boxes” met lugreëling in, in die middel van die somer, is dit seker amper noodsaaklik, in hierdie subtropiese hitte, tot gewone tente en karavane. Eenkant in die hoek, die bakkie, die seil en die tent daaronder.Dalk ´n beginner deelnemer. Vanaand word daar lekker gekuier, natuurlik sal daar asado (braaivleis) oral wees.
Die weer het gelukkig goed saamgespeel.
Hasta la proxima.

Advertisements