Vroegoggend tot saans laat, hoor ons die dreuning uit alle windrigtings. Die suikerriet word geoes. Stropers, massakarre en vragmotors. 30 plus ton vragmotors, wat heen en weer hardloop na die naaste meule toe. Laat begin, oortollige reën. Sterk wind het heelwat van die plante omgewaai, wat die stropers stadiger laat loop en veroorsaak dat daar meer blare gesny word, wat weer maak dat die vragmotors nie so swaar gelaai kan word nie, maar die opbrengs is goed. Die laaste 2 jaar, was daar nie een dag, wat die plante onder stres was nie.

stroper suikerriet 001stroper suikerriet 012

stroper suikerriet 019

Oorvloed, het die afgelope tyd, effe van ´n probleem geword. Drie jaar gelede, was die wekroep, plant suikerriet. Ons kort alkohol. Toe kom die ru-olie prys drasties af. Om kompeterend te wees, moes die alkohol vir brandstof, se prys ook daal. Dalk ´n goeie ding, die ekonomiese groei, was volgens die mens wat weet, té hoog. Dít sal nou in die bekgeruk word. Wonder of daardie mense wat weet, regtig weet?

stroper suikerriet 020stroper suikerriet 021

Die oorvloed, het ook sy invloed op die mieliebedryf. Lae pryse. Die huidige prys is nou onder 85 US$. Wat om te doen met die oes? Die gerugte doen die rondte van uitvoere na Afrika. Wonder hoe hulle gaan betaal? Gelukkig is die uitvoer van beesvleis, goed aan die gang en baie van die mielies word gebruik om beeste af te rond. “Grass fed beef”, was Paraguay se slagspreuk, om uitvoere te bevorder. Wonder of dit nou sal verander?
Die suiker prys ook gedaal, maar nou gebruik ons weer minder suiker, want dit is nou sooo ongesond. Dan maar meer vleis eet, “banting” is mos die woord. Hierdie is van die tipiese situasies waarmee die boer moet saamleef. Dít maak boerdery interessant, dalk nie altyd lekker nie.
Vreemd om nou weer, die oopte, om ons te ervaar.
Hasta la proxima.

Advertisements