Moedersdag. Onwillekeurig herinner dit aan jou ma. My ma was die ma van 8 woelige kinders. Die Coetzees was/is bekend as redelike hardkoppige mense, met ´n wil van hul eie. ´n Redelike dosis daarvan het seker van Ma af ook gekom en daarom, moes sy ´n sterk vrou wees, om hulle, of dan seker ons, groot te kry. Ons was bevoorreg om in daardie huis groot te word. Hierdie is ‘n artikel wat sy vir die Sarie geskryf het, in die laat sewentigerjare. Jammer vir die swak kwaliteit van die kopie, hoop dat julle dit gelees sal kry. Dit is dalk ´n aanduiding van die vrou, wat my Ma was.

ma se skrywe

Al is dit nou laat, hoop ek dat julle, die moeders, ´n aangename dag gehad het.
Hasta la proxima