Dorpies met mooi name, eintlik is ´n paar van hulle redelike groot dorpe. Guaíra, Mercedes, Marechal Cándido Rondon, Pato Bragado, Entre Rios do Oeste, Santa Helena, Missal, Itaipulandia. Mooi dorpe, lyk of mens lekker daar kan bly. Netjies en skoon, georden. Nog mooier natuurskoon. Groot dele wat nie ontbos is nie. Dan die beste landbougrond, ek wil amper sê in die wêreld, saam met die klimaat, wil ek sien waar, is dit beter? Die staat Paraná, van Brazilië. Bevolking 11 miljoen.

parana toer 117

parana toer 115
Verlede week ´n kort reis deur die weste van Paraná, onderneem. Moet noem dat dit die eerste keer was, dat ons op ons eie gereis het, deur daardie gedeelte. Beskou die gedeeltetjie wat ons gesien het, dan besef mens die grootte van daardie land en weet jy hoekom dit die landboureus van die wêreld is. Mielies, mielies en nogmaals mielies. Soja, eintlik die hoofgewas. Die is lankal gestroop en direk na die stropers, het die mielieplanters gevolg. Hier en daar nog ongestroopte soja. Dié gewasse word geplant tot teen die paaie. Dat dit ´n belewenis was, stem ons heelhartig saam.

parana toer 132

parana toer 113
Die invloed van Europeers, wat ongeveer 1850 hulle in die wêrelddeel kom vestig het, is nou nog duidelik waarneembaar. Geboue en vanne, oral sigbaar. Was ek maar bly daaroor. Ons andersins, betroubare Fiat ontwikkel toe ´n voorwiellaer klop en beland ons by Automecanico Schumacher in Marechal Cándido Rondon. Sowaar, daar is sy Duits toe beter as my Portugees en kon hy gou vir ons die probleem oplos. Vra hom of hy familie van die renjaers is? Hy het die verwantskap gesoek, maar kon dit nog nie opspoor nie. Die aand, oornag ons in Hotel Bender.

Van taal gepraat, hulle verstaan Spaans redelik goed, maar o wee, antwoord hulle terug in Portugees, dan sukkel ons maar om te verstaan. Daarom het die Duits, baie handig te pas gekom. Opmerklik ook, soos in die meeste dele van hierdie wêreld, die vryheid van beweging, dag of nag, waarmee die mense beweeg. Sakemanne en kantoorjuffers, as die weer dit toelaat, op hul trapfietse, werk toe. Tot laat saans aan die trap en draf, spesiale bane daarvoor. Netjiese parke, in elke dorp. Niemand wat ledig rondlê nie.

parana toer 104

parana toer 103

parana toer 106

parana toer 119
Dan dink ek maar net weer aan die oningeligte jongeling wat op FB gesê het dat Brazilië ´n Derdewêreld land is.
Hasta la proxima

Advertisements